Persoonlike webtuiste van : Elize Reynecke (Botes)  

 

 

 

Elke Woord In Hierdie Webtuiste Skets 'n Verhaal!

"Wat ek is, is net Genade - Wat ek het, is net Geleen"

 

 

 

web_face.JPG

 

 

Baie dankie aan elkeen wat my web besoek!

 Die 197,000 besoekersmerk het hierdie maand oorgeslaan en die maandelikse besoekersgetal is 'n hele paar duisend! Vanaf Januarie 2010 tot en met begin van Junie 2010 was daar al 'n allemintige 28,266 mense op hierdie webtuiste!

 

 

 Om outomaties op 'n gereelde basis in kennis gestel te word van nuwe byvoegings tot hierdie webtuiste, moet u asseblief aansluit by die adreslys onderaan die Tuisblad

 Tuisblad / Home Page

 

 

 

 

sonneblomme.jpg 

Gaan loer bietjie!

 

Alle nuwe byvoegings kan gevind word onder 'NUWE WERKE'.

My boeke is nou beskikbaar.  Gaan loer op BOEKWINKEL

 Ek het 'n BLOG vir KANKER begin waarmee ek wil poog om kankerlyers en hulle geliefdes, vriende en kollegas bymekaar uit te bring om 'n ondersteuningstelsel te vorm.

'n Leë plekkie, pyn, hartseer, vrae. Weet ek hoe dit voel? Definitief! Ken ek die pyn, vrae en hartseer? Ja!  Ek het dit geleef, déúrleef en óórleef.  Juis daarom wil ek uitreik na ander wat ook iemand moes afstaan aan die dood of selfs skeiding. GAAN LEES GERUS oor die boeke, leesstof en sms-stelsel wat ondersteuning en bemoediging kan bied vir iemand wat 'n verlies gely het.   

 

 

 

 sonneblomme.jpg

Spesiale Bedankings!

 

KINGFISHER FM - radiostasie in Port Elizabeth

RADIO NAMAKWALAND

Hiermee wil ek graag hierdie radiostasies bedank vir die wonderlike geleentheid wat ek gehad het op 28 Junie 2009 asook 12 Julie 2009 om op Kingfisher FM se Sondagaand-uitsendings betrokke te kon wees asook op 2 Augustus 2010 op 'n direkte uitsending met Radio Namakwaland.  Dit was 'n groot voorreg en seën in my lewe en dit laat my weereens onthou ... "Wat ek is, is net Genade - Wat ek het, is net geleen"!

FINESSE Tydskrif

Ek het die voorreg gehad om 'n bydrae in die September 2009 uitgawe te kon lewer oor die onderwerp 'Ontklotter jou klerekas'.  Dankie Machelene, dit was 'n wonderlike geleentheid wat my gebied is!

JUIG Tydskrif

Baie dankie Toi Nell van die JUIG! Christelike tydskrif wat in die briewekolom van die Des 2009 uitgawe 'n stuk geplaas het oor die ondersteuning en bystand wat ek en my vriendin, Sarie Beckmann, vir mense wil bied wat 'n verlies gely het deur iemand aan die dood of skeiding af te staan.

KEUR Tydskrif

Dankie aan KEUR wat in die 13 November 2009 uitgawe my briefie geplaas het oor 'Stiefma nie altyd die probleem'.

LIG Tydskrif

Weereens 'n voorreg om 'n artikel te kon laat publiseer in die Februarie 2010 uitgawe "Verslaaf aan ander se goedkeuring".

 

Elize Reynecke
082 958 1605
elizereynecke@gmail.com  /  Posbus 23424, Gezina, Pretoria, 0031